top of page

‘n Bejaarde is oorlede na ‘n passasierskip haar per ongeluk op ‘n eiland vergeet

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 31
  • 1 min read

’n 80-jarige vrou van Sydney is dood op Lizard-eiland aan Australië se Groot Koraalrif aangetref nadat sy per ongeluk deur haar passasierskip agtergelaat is.  


Maroela Media berig Suzanne Rees het van die Coral Adventurer afgestap vir ’n uitstappie saam met ander passasiers.


Sy het glo siek gevoel tydens die staptog en is aangeraai om terug te draai.


Die skip het die eiland sowat vyf uur later verlaat, glo sonder om ’n passasiersopname te doen.


Haar liggaam is die volgende dag sowat 50 meter van die staproete af gevind.


Die Australiese Maritieme Veiligheidsowerheid het bevestig dat hulle ondersoek instel na waarom Rees nie by die terugkeer op die skip getel is nie.


Uitsig oor die koraalriwwe vanaf Cooks Look op Lizard-eiland. FOTO: Maroela Media
Uitsig oor die koraalriwwe vanaf Cooks Look op Lizard-eiland. FOTO: Maroela Media


Comments


bottom of page