top of page

'n Bejaarde slagoffer veg om haar lewe terwyl haar vermeende aanvaller vrygelaat is

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 30, 2025
  • 1 min read

Terwyl ʼn vrou van Bothaville in die Vrystaat veg om haar lewe, is haar beweerde aanvaller kort nadat hy aangekeer is, vrygelaat.

Die 60-jarige slagoffer se suster sê dit is erg om te dink die polisie laat die man gaan, voordat hy in die hof verskyn het.

Maroela Media berig veiligheidsbeamptes by die kompleks waar die aanval plaasgevind het, het ʼn man aangekeer en aan die polisie oorgegee. Hy is egter die volgende dag vrygelaat.

ʼn Bebloede baadjie is in die omgewing van die aanval gevind. Die voorsitter van AfriForum se buurtwag in Bothaville, Dolf Meyer, sê beeldmateriaal van nabygeleë veiligheidskameras toon hoe die verdagte sy baadjie uittrek en dit oor die heining probeer gooi.

Volgens die slagoffer se suster het die polisie aangedui die man moet van poging tot moord en verkragting aangekla word. Hulle kon egter nie wag vir die uitslae van DNS-toetse nie en die man is vrygelaat.

 
 
 

Comments


bottom of page