top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bejaarde verloor meer as 'n miljoen rand in aanlynbedrog

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 1 hour ago
  • 1 min read

'n Johannesburgse pensioenaris wat meer as R1,2 miljoen in 'n uitvissing-bedrogspul verloor het, sê sy is geskok nadat Nedbank haar slegs R20 000 as 'n "gebaar van welwillendheid" aangebied het.


Daarmee saam hou die bank haar terselfdertyd aanspreeklik vir skuld op dieselfde rekening wat gekompromitteer is.


IOL berig Luisa Westphal het verlede jaar op 'n skakel geklik wat deur 'n vermeende Suid-Afrikaanse Lugdiens-verteenwoordiger gestuur is. Kort daarna is die R1,2 miljoen gesteel.


Nedbank sê die bedrieërs het toegang tot haar rekening verkry deur haar aanmeldbesonderhede en dat die bank nie aanspreeklik gehou kan word nie. Westphal sê sy het nooit die transaksies gemagtig nie en oorweeg verdere stappe.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page