‘n Bejaarde vrou bedrieg SASSA glo uit duisende rande
- Armando Pieters

- Mar 13
- 1 min read
’n Verhoordatum is vasgestel vir ’n 70-jarige vrou wat glo ‘n R152 000 Sassa-pensioenuitbetaling ontvang het, terwyl sy as direkteur van drie maatskappye gedien het. Die maatskappye is kontrakte van meer as R60 miljoen deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens toegeken. FS Online berig Salamina Khoza word daarvan aangekla dat sy onder andere die Wet op Maatskaplike Bystand oortree het en by bedrog en diefstal betrokke was. Haar verhoor sal in Julie vanjaar by die Pretoria-Noord-streekhof begin.





Comments