'n Bejaarde vrou van Frankfort is vermoor
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 30
- 1 min read
'n Bejaarde vrou van Frankfort in die Vrystaat is vermoor.
Die polisie van Mafube sê 'n klag is Woensdag ontvang, en met hul aankoms op die toneel is die liggaam van 'n 71-jarige vrou op die vloer gevind. Haar nek, hande en voete was vasgebind.
Die polisie vra hulp in die soektog na verdagtes wat met die insident verbind kan word.






Comments