top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bejaarde vrugteboer is skuldig bevind aan poging tot moord

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 1
1 min read

'n Bejaarde vrugteboer van Lutzville in die Wes-Kaap is skuldig bevind op twee aanklagte van poging tot moord nadat hy in September 2024 met sy bakkie oor 'n sesjarige seun gery het.


Die Son berig die 72-jarige Christoffel Stoman se vonnisoplegging is tot 20 Augustus uitgestel.


Rosestad-nuus het vroeër berig die sesjarige Khwezi Jantjies en sy ma is in die voorval raakgery nadat Stoman die seun daarvan beskuldig het dat hy 'n lemoen gesteel het.


Die seun het albei bene in die voorval gebreek. Stoman is sedert sy inhegtenisneming in aanhouding nadat verskeie borgtogaansoeke geweier is.


Christoffel Stoman. FOTO: Son
Christoffel Stoman. FOTO: Son

 
 
 

Comments


bottom of page