top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bejaarde Vrystater is buite sy huis vermoor

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 15
  • 1 min read

Bothaville-speurders in die Vrystaat ondersoek ’n saak van moord nadat 'n bejaarde man buite sy huis in die nywerheidsgebied aangeval en vermoor is.


Volgens 'n polisieverklaring het ’n man, wat homself as die slagoffer se broer geïdentifiseer het, hulle Sondag na 'n ’n wit Isuzu enkelkajuitbakkie geneem. Die bakkie se deure was oop en bloedspatsels binne-in die voertuig. Die slagoffer, Petrus Janse van Rensburg, is ’n paar meter van die voertuig af gevind.


Janse van Rensburg het teen die heining van ’n pakhuis gelê en was met bloed bedek. Hy het verskeie steekwonde aan sy regterarm, bors en die regterkant van sy nek gehad. Twee musse is naby sy liggaam gevind.


Noodmediese dienste het Janse van Rensburg op die toneel dood verklaar.


Die motief vir die moord is tans onbekend, en niemand is nog in hegtenis geneem nie.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page