‘n Bejaarde VS egpaar is glo ontvoer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 6
- 1 min read
'n Bejaarde egpaar is glo by hul huis beroof en ontvoer.
Na bewering het drie verdagtes die 73-jarige man en sy 67-jarige vrou aangerand, huishoudelike toestelle gesteel en die paartjie in hul voertuig gedwing voordat hulle hulle na Botshabelo in die Vrystaat gery het.
Die slagoffers is na bewering in ‘n plakkershut aangehou terwyl die verdagtes geld van hul bankrekeninge met hul selfone oorgeplaas het.
Hulle is twee dae later na hul huis in Bophelong in Kopanong terugbesorg en in hul voertuig gelaat.
Die polisie het sake van huisroof en ontvoering aanhangig gemaak.








Comments