'n Bekende Bloemfonteinse oftalmoloog se lewe word gevier
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 1
- 1 min read
Die lewe van Bloemfontein se legendariese oftalmoloog, Andries Stulting, sal gedenk word nadat hy in die ouderdom van 77 hier oorlede is.
Netwerk24 berig Stulting se vrou, Lemainé Fouché, sê sy Bybel, bril, vergrootglas en ’n kunswerk van ’n retina sal voor in die kerk saam met sy foto vertoon word, saam met 'n skyfievertoning oor sy lewe met die lied Chariots of Fire as agtergrondmusiek.
Stulting, wat in 1996 Bloemfonteiner van die Jaar was, is weens orgaanversaking oorlede nadat hy weens ’n akute infeksie in die hospitaal opgeneem is. Stulting het die afgelope anderhalf jaar in die versorgingsafdeling van die Sante-aftreeoord in Bloemfontein gewoon.
Hy het in 2013, ná 31 jaar as hoof van die Universiteit van die Vrystaat se departement oftalmologie, afgetree. Stulting het daarna nog tot einde 2023 in die openbare en privaat sektor in Kimberley gewerk. Hy het verskeie pryse in sy loopbaan ingeoes en was president van verskeie Suid-Afrikaanse verenigings.
Stulting word ook oorleef deur twee dogters, Lizette Stulting en Liesl Stulting-Gladwin, en ’n skoonseun, Clinton Gladwin.
Sy gedenkdiens word Donderdag om 11:00 in die NG kerk Hugenoot in Bayswater gehou, en sal regstreeks op YouTube uitgesaai word.








Comments