top of page

‘n Bekende in die grondboonbedryf is skielik oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 19
  • 1 min read

Die 70-jarige Schalk Keet wat in sy dekades lange loopbane diep spore in die grondboonbedryf getrap het, is skielik na ‘n kort siekte oorlede.


Landbouweekblad berig volgens ‘n boer van Vaalharts, Alfons Visser, het Keet onlangs ‘n longinfeksie opgedoen, en is in ‘n hospitaal in Bloemfontein opgeneem.  


Sy niere het ingegee en hy is na drie dae in die waakeenheid oorlede.


Volgens Visser is daar groot waardering vir Keet se werk onder grondboonboere in verskillende provinsies.


Keet het verlede jaar op 69-jarige ouderdom afgetree en het steeds op Hartswater, een van die dorpe in die besproeiingskema, gewoon.


Hy word oorleef deur sy vrou, Salome, en hul dogter, Marinka.


Schalk Keet. FOTO: Landbouweekblad
Schalk Keet. FOTO: Landbouweekblad

Comments


bottom of page