‘n Bekende televisiekok se helikopter tref glo kragkabels
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 11
- 1 min read
Die bekende televisiekok, skrywer en vlieëneropleier, Mynie Steffens, is in ‘n helikoperongeluk oorlede.
Landobuweekblad berig haar helikopter het Maandag op ‘n plaas naby Patensie in die Oos-Kaap neergestort terwyl sy besig was om sitrusboorde te spuit.
Die Robinson-helikoper glo kragkabels getref. Steffens is op slag oorlede.
Die 43-jarige helikoptervlieënier is bekend as ‘n uithalerkok en was die mede-aanbieder van die gewilde kook- en lewenstylprogram Speel met Vuur op DSTV.
Sy het ook ‘n kookboek met die selfde naam die lig laat sien.
Steffens se mede-aanbieder en vriendin, Adi van der Walt, sê sy probeer steeds sin maak van die tragiese verlies.
Sy voeg by Mynie het die lewe ten volle geleef en was altyd vol idees wat in suksesvolle ondernemings omskep is.






Comments