'n Beleid oor seksuele teistering in die hof is bekend gemaak
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 11, 2025
- 1 min read
Hoofregter Mandisa Maya het die instelling van 'n beleid oor seksuele teistering in die Suid-Afrikaanse regbank aangekondig.
In 'n verklaring sê Maya dit is 'n geskiedkundige stap om die integriteit van die land se howe, asook die integriteit van almal wat daarin werk, te beskerm.
Netwerk24 berig Maya sê die beleid, wat op Vrouedag op 9 Augustus aangekondig is, is 'n noodsaaklike en dringende intervensie.
Daar word van lede van die regbank verwag om die beleid ten volle toe te pas en dat die toepaslike dissiplinêre stappe teen oortreders gedoen sal word.
Die toepassing het ten doel dat daar 'n hernude strewe na geslagsgelykheid en veiligheid in die regbank is en dat alle vorme van seksuele teistering in die regbank uitgewis sal word.






Comments