'n Bende diewe is aan die beskadiging en diefstal van noodsaaklike Transnet-infrastruktuur skuldig bevind
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 29, 2025
- 1 min read
‘n Groep van 26 mense is in die hooggeregshof in Bloemfontein aan die beskadiging en diefstal van noodsaaklike Transnet-infrastruktuur skuldig bevind.
Netwerk24 berig dieselfde bende het altyd saam gewerk, en hulle was betrokke by 37 voorvalle van diefstal van onder meer yster- en nie-ysterhoudende metale wat aan Transnet behoort.
Volgens die klagstaat het hulle saamgespan om koperkabels en -drade in die Bethulie- en Springfontein-distrik in die suide van die Vrystaat van Julie tot Oktober 2021 te steel, en het hulle die geldelike voordele wat daaruit gespruit het onder mekaar verdeel.
Hulle is skuldig bevind aan oortredings ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, diefstal en die manipulering en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur. Hulle sal in September gevonnis word.






Comments