top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Beoordelaar van SA’s Got Talent is oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 2
  • 1 min read

Die bekende vermaaklikheidskunstenaar Ian von Memerty is in die ouderdom van 61 oorlede. Maroela Media berig sy familie het gister bekend gemaak dat hy reeds in die vroeë oggendure van 23 Februarie oorlede is.


Von Memerty het bekendheid verwerf as aanbieder van Strictly Come Dancing en as beoordelaar van SA’s Got Talent.


Die gebore Zimbabwiër was onder meer ook ’n pianis, teaterregisseur, skrywer en vervaardiger. Hy het tientalle nasionale teaternominasies en -toekennings ontvang.


Hy word oorleef deur sy eksvrou, Vivienne, en hul twee volwasse kinders.


Ian von Memerty. FOTO: Briefly
Ian von Memerty. FOTO: Briefly

 
 
 

Comments


bottom of page