'n Bergingsprojek in die Mangaung-metro word bevraagteken
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 2
- 1 min read
Kommer is uitgespreek oor die Mangaung Metro Munisipaliteit se R18,5 miljoen-bergingsprojek nadat meer as R1,1 miljoen reeds aan konsultante betaal is sonder dat enige bergingsgerief opgerig is.
Volgens 'n mediaverklaring van die VF Plus is die dienskontrakte van twee konsultante reeds drie jaar aan die gang, maar die projek het nog nie die konstruksiefase bereik nie.
Die metro wil die kontrakte nou tot September 2027 verleng.
Die projek behels die oprigting van 'n sentrale bergingsgerief vir watermeters wat tans op verskeie plekke in die metro geberg word.
Die VF Plus eis dat die metro 'n vorderingsverslag aan die raad voorlê wat uiteensit watter werk reeds vir die R1,1 miljoen gelewer is en waarom die projek nog nie voltooi is nie.








Comments