top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Beroep word gedoen om die ekonomiese welstand van werkers voorkeurte gee

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17
1 min read

Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) doen ’n beroep op die regering om die lewenskoste en die ekonomiese welstand van werkers voorkeur te gee in die Mediumtermyn-bestedingsraamwerk.


Die VSA waarsku dat stygende voedsel-, brandstof-, elektrisiteits- en vervoerkoste toenemende druk op staatsamptenare en huishoudings plaas.


Dit wil hê die raamwerk moet voorsiening maak vir salarisaanpassings om werkers se koopkrag te beskerm, asook uitgebreide afstand- en hibriede werkreëlings waar moontlik.


Die vakbond sê werkers kan nie aanhou om die stygende koste van basiese noodsaaklikhede te absorbeer terwyl hul besteebare inkomste steeds krimp nie.


Ter illustrasie. FOTO: CNB Africa
Ter illustrasie. FOTO: CNB Africa

 
 
 

Comments


bottom of page