‘n Beskuldigde in die berugte Welkom-aanrandingsaak is vir bedorg ook aangekla
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 27
- 1 min read
Een van die ses beskuldigdes in die berugte Welkom-aanrandingsaak, waarby ’n 81-jarige slagoffer betrokke is, is nou ook op ’n aanklag van bedrog in hegtenis geneem.
Die 64-jarige vrou word verbind met die beweerde gebruik van ’n man se bankkaart by verskeie winkels in Welkom.
Vista berig kringtelevisie-beeldmateriaal het glo getoon dat die verdagte betalings met die kaart gemaak het. ’n Saak van bedrog is geopen.
Haar saak is intussen geherskeduleer en sy is uit aanhouding vrygelaat hangende verdere ondersoeke.
Die verhoor van al ses beskuldigdes, wat teregstaan op aanklagte onder meer van poging tot moord, ontvoering en ernstige aanranding, is vir 10 Julie in die Welkom Streekshof geskeduleer.








Comments