‘n Beweerde werk-vir-vriende-sindikaat is by die Mangaung Metro Munisipaliteit ontbloot
- Armando Pieters

- Apr 2
- 1 min read
'n Fluitjieblaser het in 'n verslag 'n reeks beweerde onreëlmatige aanstellings en 'n werk-vir-vriende-sindikaat by die Mangaung Metro Munisipaliteit ontbloot. Volgens The Star beskludig die verslag glo verskeie hooggeplaaste amptenare daarvan dat hulle standaardwerwingsprosedures omseil en aanstellings gemaak het op grond van begunstiging eerder as meriete. Die verslag is met die minister van Cogta, die openbare beskermer, die premier van die Vrystaat en president Cyril Ramaphosa gedeel. Daar is onderandere volgens die verslag glo vier individue, sonder behoorlike advertensies of onderhoude, tussen Desember 2023 en Januarie 2024 deur Direktoraat Openbare Veiligheid aangestel. Die aanstellings is in teenstryd met die munisipale huurprotokolle wat deursigtigheid en regverdigheid vereis. Geen openbare advertensies is geplaas nie, en geen onderhoude vir die aanstellings is gehou nie, wat ernstige kommer oor die integriteit van die proses laat ontstaan.





Comments