'n Bfn boekhouer word vir bedrog gevonnis
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
Die Bloemfonteinse landdroshof het ‘n man gevonnis vir bedrog wat tussen Februarie 2019 en Oktober 2020 gepleeg is. Die vonnisoplegging het gevolg nadat Jacques Wilhelm Grobler in Augustus verlede jaar deur die Valke in Bloemfontein in hegtenis geneem is.
Ondersoeke het aan die lig gebring dat Grobler, wat as boekhouer by Nova Refrigeration en Nova Catering werksaam was, onwettig fondse van die maatskappy se bankrekening na sy persoonlike bankrekening oorgeplaas het vir persoonlike gewin. Gevolglik het die maatskappy ‘n totale finansiële verlies van R584 000 gely.
Die hof het hom tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis, wat geheel en al opgeskort is vir ‘n tydperk van vyf jaar. Hy is verder gelas om die volle bedrag wat hy gesteel het, terug te betaal.







Comments