top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bfn busdiens is weens veiligheid nie operasioneel nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 26
  • 1 min read

Interstate Bus Lines sal nie Dinsdag in Botshabelo operasioneel wees nie.


Die busdiens het in 'n verklaring op sosiale media gesê die opskorting kom ná ’n deeglike operasionele risiko-evaluering om die veiligheid van beide passasiers en bestuurders te verseker.


Die verklaring sê voorts dat die busdiens bewus is van leerders wat voorberei vir hul middeljaareksamens, en werkers wat van openbare vervoer afhanklik is om ’n bestaan te maak.


Die situasie word noukeurig gemonitor, en passasiers sal van enige verdere verwikkelinge of operasionele veranderinge in kennis gestel word.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page