'n Bfn buurtwag fnuik 'n beweerde kartel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 9
- 1 min read
'n Sakeman van Bloemfontein het die hulp van lede van die Heidedal-buurtwag ingeroep om die taxibestuurders te konfronteer wat na bewering betrokke is by ’n kartel van Gauteng wat op ondernemings in die stad toeslaan.
Netwerk24 berig Jaco Raath het opgetree toe hy agterkom hy word met vals bestellings vir nuwe bande ingeloop. Die kartel gebruik na bewering taxi’s as koeriers vir dié goedere na Gauteng. Die baasbrein, wat hom as George Pienaar van GP Enterprises voorgestel het, het bestellings geplaas vir bande, die bewys van betaling aangestuur en taxibestuurders gekry om die bande te kom oplaai.
Die taxi-koördineerder het die Heidedal-buurtwag se Ricardo van der Walt gehelp om die betrokke taxi's te identifiseer. Die taxibestuurders is gebel en ingelig hulle pleeg ’n misdaad deur gesteelde goedere te vervoer. Die taxibaas het gereël dat die gesteelde goedere teruggebring word, en Raath het sy bande van R81 000 teruggekry.
Raath sê hy het geweet hy moet vinnig optree en kon daarom nie op die polisie reken nie. Hy het wel ’n klag by die polisie ingedien.








Comments