top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bfn buurtwag maak Paasfees beter

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

Die AfriForum Pellissier Buurtwag het onlangs die Paashaas deur Pellissier begelei tydens ’n spesiale gemeenskapsaksie waar paaseiers aan inwoners en kinders uitgedeel is.


Volgens die buurtwag se sosialemediablad is verskeie roetes in konvooi gery, terwyl die Paashaas vreugde versprei en hope glimlagte op kinders se gesigte getower het. Twee afsetpunte is ook ingerig waar die gemeenskap die Paashaas kon ontmoet en paaseiers ontvang.


Hierdie inisiatief het nie net ’n feestelike atmosfeer geskep nie, maar ook die samehorigheid binne die gemeenskap versterk.


Verskeie veiligheidsmaatskappye was ook teenwoordig om te verseker dat die gemeenskap veilig bly terwyl vreugde versprei word.



 
 
 

Comments


bottom of page