top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Bfn drawwer is tydens ‘n oefensessie dood

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago
1 min read

'n Bloemfonteinse drawwer is dood nadat hy tydens ‘n drafsessie inmekaargesak en sy kop ‘n randsteen getref het.


Nova News berig Janus Erasmus was besig om vir die afgelope Absa Run Your City Mangaung 10K voor te berei.


Hy het in Genl. Dan Pienaarrylaan gehardloop toe die voorval plaasgevind het. Hy is na die Mediclinic Bloemfontein geneem, waar hy die volgende oggend oorlede is.


Erasmus was met sy dood die hoof van die finansiële afdeling en lid van die uitvoerende bestuur van Landmark.


Janus Erasmus. FOTO: Nova News
Janus Erasmus. FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page