top of page

'n Bfn ‘ma van vele’ trou voor jeugsentrumkinders

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 5 hours ago
  • 1 min read

'n Bloemfonteinse "mamma van 48 kinders" het onlangs die knoop deurgehaak, ten aanskoue van al die kinders.


Nova News berig die maatskaplike werker by die Engo-jeugsorghuise in Bloemfontein, Marinique du Plessis, het in Februarie voor familie, vriende en kollegas in die Drakensberg met haar kêrel, Schalk Wentzel, getrou – maar die paartjie het hul sogenaamde "tweede troudag" Saterdag voor al die Engo-kinders gevier.


Dominee Jan Venter, wat die seremonie waargeneem het, het vir die kinders die huweliksformulier verduidelik en veral klem gelê oor hoe God deel van die huwelik vorm. Al die meisies was blommemeisies met sagte blommekransies op die kop en die seuns was strooijonkers wat elk met ‘n pak sneesdoekies die kerk ingeloop het en vir die vroue sneesdoekies uitgedeel het.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder dat Marinique sê die kinders het so uitgesien na hul nuwe klere en die troue.


LUISTER HIER:

FOTO: Nova News
FOTO: Nova News

TRANSKRIPSIE:

Baie van hulle was nog nooit by ‘n troue nie. Hulle het so baie vrae gehad en die egpaar het besluit om die program so aan te pas sodat alles tydens die diens en onthaal op ‘n mooi en praktiese manier aan hulle te verduidelik hoe ‘n huwelik gevier word. Dit was vir baie die eerste keer dat hulle ’n bruid in wit sien instap, en die eerste keer dat hulle hoor hoe twee mense voor almal sê: "Ek kies jou."


Daar is vroeër berig hoe Schalk vir Marinique tydens die jeugsorsentrums se konsert op die verhoog gevra het om te trou.

 
 
 

Comments


bottom of page