top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Tillie en Mathilda gee stem aan vroue wat selde gehoor word

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Die bekroonde musiekteaterproduksie Tillie/Mathilda is vanjaar op die verhoog by die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein te sien.


Die produksie het ook onlangs die Kanna-toekenning vir beste debuutwerk in musiek by die KKNK ontvang.


Die produksie, met Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar, vertel die verhaal van twee vroue uit verskillende wêrelde wie se lewens op 'n aangrypende manier verweef raak.


Volgens die Vrystaat Kunstefees staan temas soos hoop, oorlewing, menswaardigheid en die manier waarop mense deur die samelewing beoordeel word, sentraal.


Strydom sê sy sien daarna uit om die produksie na die Vrystaat te bring en weer in die Odeion op te tree.


Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar. FOTO: Facebook
Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar. FOTO: Facebook

 

 
 
 

Comments


bottom of page