top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Bfn man is hof toe vir gesinsgeweld en brandstigting

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 7
  • 1 min read

’n Man van Bloemfontein het in die hof verskyn op ’n aanklag van gesinsgeweld en brandstigting. Dit kom nadat hy Saterdag sy vriendin glo gebyt en haar huurhuis in die stad Sondagaand aan die brand gesteek het.


Netwerk24 berig die man is in hegtenis geneem en aangehou tot sy hofverskyning Woensdag.


Die meenthuis in die Bergkant-kompleks in Pellissierrylaan in Pellissier het byna tot op die grond afgebrand. Bure sê die man en sy vriendin het gereeld baklei, en die bure moes gereeld die polisie bel om in te gryp. Die man het na bewering petrol in die huis uitgegooi en dit aan die brand gesteek.


Die Mangaung-brandweer se Braam van Zyl sê die huis het Sondag omstreeks 22:00 aan die brand geraak. Die Mangaung-brandweer is ook bygestaan deur die FireOps-brandweer en Fidelity ADT se brandweerdiens.


Die man se naam word weerhou om die slagoffer en haar minderjarige kinders se identiteit te beskerm.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page