'n Bfn man is vas ná meer as 'n dekade op vrye voet
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 5
- 1 min read
'n Man wat vir langer as 'n dekade op die vlug was, is in Jagersfontein in die Vrystaat in hegtenis geneem.
Die verdagte, Kenosi William Lechoko van Chris Hani in Bloemfontein, is sedert 'n verkragtingsaak wat in 2010 in Kopanong aangemeld is, op die SAPD se lys van gesoekte verdagtes.
Volgens 'n polisieverklaring het die verdagte na bewering sy vriendin ná 'n aand van drinkery met geweld na sy woning geneem, waar hy haar verkrag het. Die slagoffer het uit die huis ontsnap en die voorval onmiddellik by die Kopanong-polisiekantoor aangemeld.
Ná die insident het die verdagte gevlug en die polisie ontduik tot sy inhegtenisneming.
Die verdagte bly in aanhouding en sal na verwagting binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op 'n aanklag van verkragting.








Comments