top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bfn man is vas vir moord op sy vrou

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

'n Man is in Grasslands in Bloemfontein in hegtenis geneem vir die moord op sy vrou.


Volgens 'n polisieverklaring het lede gereageer op 'n klagte van 'n vermoedelike moord. Met hul aankoms is die polisie deur 'n huurder ontmoet, wat beweer toe hy by die huis aankom, hy die verdagte buite aangetref het waar hy swaar onder die invloed van alkohol was en geslaap het.


Die huurder is toe na die hoofhuis, waar hy 'n vrou op haar rug op die bed aangetref het, onder komberse toegegooi, met bloed wat om haar mond sigbaar was.


Die vrou is op die toneel dood verklaar. 'n Voorlopige ondersoek toon daar was sigbare merke aan haar nek, wat dui op moontlike verwurging.


Die egpaar se kinders was ten tyde van die voorval met vakansie.


Die verdagte is onmiddellik in hegtenis geneem en sal verwagting binnekort in die Bloemfonteinse Landdroshof op 'n aanklag van moord verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 
bottom of page