'n Bfn man word gesoek vir verkragting en sameswering tot moord
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 hours ago
- 1 min read
'n Man van Bloemfontein word gesoek in verband met 'n reeks oortredings, insluitend verkragting en sameswering om moord te pleeg.
Lloyd Mcdonald Siswe Jacobs gebruik glo fals identiteite en nader dan vroue op sosiale media – vernaam Facebook – om hulle op 'n afspraak te neem. Hy sal hulle dan na bewering verkrag.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n verklaring by nadere ondersoek is daar gevind Jacobs word ook gesoek in verband met sameswering om moord te pleeg.
Vroue word gewaarsku om uiters versigtig te wees wanneer hulle individue van sosiale platforms af vir afsprake ontmoet.







Comments