top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bfn polisievrou stuit vermeende daggahandelaars

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

’n Senior polisiebeampte se vinnige optrede het gelei tot die inhegtenisneming van twee vermeende dwelmhandelaars in Bloemfontein.


Die Vrystaatse polisie sê die Parkweg-speurtakbevelvoerder het agterdogtig geword nadat sy ’n voertuig opgemerk het wat die ingang na die speurkantore in Charlotte Maxekestraat versper het.


Sy het sakke dagga in die motor opgemerk en die verdagtes verhoed om te vlug voordat sy bystand ontbied het.


Die polisie het dagga met ’n geraamde straatwaarde van R10 000 in beslag geneem en twee mans gearresteer op aanklagte van daggahandel.


Ter illustrasie. FOTO: The Cable
Ter illustrasie. FOTO: The Cable

 
 
 

Comments


bottom of page