'n Bfn politikus word verbind met die huisvesting van buitelanders
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 30
- 1 min read
Die Nigeriese man van 'n prominente politikus is in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hy na bewering sowat 28 ongedokumenteerde buitelandse burgers by sy gastehuis gehuisves het.
IOL berig tydens die klopjag is 'n sterftesertifikaat van 'n Suid-Afrikaanse vrou ook op die perseel gevind.
Die inhegtenisneming is Dinsdag deur die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, bevestig. Volgens Letsoha-Mathae is die mense na bewering sowat sewe dae lank aangehou. Hulle het glo gesê daar is iemand wat vir hulle kos gebring het.
Letsoha-Mathae sê die saak is veral kommerwekkend omdat die gastehuis aan 'n senior politikus in die Mangaung-distrik behoort. Sy het bevestig dat die politikus se man in hegtenis geneem is, maar dat hy nog nie formeel aangekla is nie.
Die premier waarsku teen bespiegeling en sê ondersoekers is steeds besig om vas te stel of die mense wettiglik verblyf by die gastehuis bespreek het en of hulle doelbewus op die perseel versteek is.
Arise News beweer dat die verdagte geïdentifiseer is as Phil Odili, wat met die Mangaung-metro se adjunk uitvoerende burgemeester, Lulama Titi Odili, getroud is.








Comments