top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bfn prokureur is deur 'n vragmotor getref

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 5
  • 1 min read

'n Prokureur van Bloemfontein, Eugene Holtzhausen, is dood nadat 'n vragmotor hom getref het.


Daar is vroeër berig van 'n bakkie wat langs die N1 naby die Botaniese Tuine gestop het en 'n onbekende persoon wat voor 'n vragmotor ingestap het. Die verkeer op die N1-Suid was Dinsdagoggend kilometers ver tot stilstand gebring ná die voorval. Die toneel was afgesper.


Netwerk24 berig Holtzhausen se broer, Wicus, sê die familie worstel om sin te maak van die verlies.


Holtzhausen het sy eie praktyk, Eugene’s Attorneys, in Noordhoek bedryf en was ’n bekende figuur in die plaaslike regs- en sakegemeenskap.


Die vragmotorbestuurder beweer hy het probeer uitswaai toe hy die man voor die vragmotor sien instap, maar dit was te laat.


Eugene Holtzhausen. FOTO: Facebook
Eugene Holtzhausen. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page