top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bfn sakeman is in die hof vir aanranding

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 23
  • 1 min read

’n Sakeman van Bloemfontein is op klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer in hegtenis geneem.


Netwerk24 berig die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Mojalefa Senokoatsane, sê Thulani Qithi het op op drie aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer en twee aanklagte van aanranding, wat glo met gesinsgeweld verband hou, in die landdroshof verskyn.


Intussen het die kantoor van die direkteur van openbare vervolgings (DOV) in die Vrystaat met kommer verneem van bewerings op sosiale media wat aan Qithi toegeskryf word dat die NVG in die provinsie “gekaap” is en dat hy nie geregtigheid sal ontvang nie. Senokoatsane sê die DOV neem hierdie bewerings baie ernstig op.


Alle besluite om te vervolg is gegrond op die bewyse wat in die polisiedossier vervat is en word geneem in ooreenstemming met die wet. Verder het die NVG veelvuldige vlakke van besluitneming, asook interne hersieningsprosesse beskikbaar gestel vir die beskuldigdes in en slagoffers van misdaad.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page