top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bfn sakeman wag steeds op sy goudstawe

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 17
  • 1 min read

’n Sakeman van Bloemfontein sukkel al sedert Mei verlede jaar om sy 100 goudstafies ter waarde van meer as R25 miljoen van die polisie af terug te kry.


Netwerk24 berig Daniel Schubert sê hoewel die aanklag van onwettige handel in goudstof teen hom teruggetrek is en die polisie sy BMW M8-motor en selfoon aan hom terugbesorg het, sukkel hy steeds om sy goud uit die polisie te kry.


Die Valke het hom en ’n vennoot verlede jaar in Gauteng aangekeer toe hy sy wettige goudstafies wou gaan verkoop.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder Schubert beweer dat terwyl hy in aanhouding was, 20 van die goudstafies verdwyn het.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Die stafies, wat in die polisie se besit was, was toe altesaam 5 miljoen rand werd. Dit sal nou nader aan 6 miljoen rand werd wees. Nou, amper 11 maande later, gaan Schubert vertoë aan president Cyril Ramaphosa en die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, hieroor rig. Hy hoop die beweerde korrupte gedrag word aan bande gelê, en dat 'n opdrag uitgereik sal word wat die polisie sal dwing om die saak op te los. Hy sê hy wil net die oorblywende deel van sy spaargeld terugkry.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page