top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bfn skoolhoof gaan vir beweerde boeliegedrag ondersoek word

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 17
  • 1 min read

Die hoof van Rosenhof Special School in Bloemfontein gaan deur die Vrystaatse onderwysdepartement ondersoek word nadat personeel haar verwydering geëis het.


Netwerk24 berig die woordvoerder van die departement, Howard Ndaba, sê Nthuseng Davids bly ’n werknemer van die departement en word deur arbeidswetgewing beskerm, wat beteken dat prosedures gevolg moet word voordat enige stappe gedoen teen haar kan word.


Hy sê as die ondersoekspan inligting versamel wat tot ’n dissiplinêre verhoor lei, sal die departement met Davids skakel, wat tans met verlengde verlof is.


Personeel van die skool het Vrydag betoog het en in ’n grieweskrif Davids se onmiddellike bedanking of verwydering versoek. Hulle het onder meer beweer dat ’n onveilige en onprofessionele werkomgewing geskep is, en dat daar sprake is van boeliegedrag, nepotisme en swak beplanning wat onderrig benadeel.


’n Verteenwoordiger van die Vereniging van Staatsamptenare in die Vrystaat, Lynsie Pelser, sê die onderwysers het nog geen terugvoering van die departement ontvang nie.


Rosestad-nuus het vroeër berig van ’n petrolbomvoorval by Davids se huis in November 2025. Die personeel beweer dat die werkomgewing sedertdien merkbaar versleg het.


Nthuseng Davids. FOTO: Facebook
Nthuseng Davids. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page