'n Bfn skoolseun verteenwoordig SA in Wiskunde
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 22 minutes ago
- 1 min read
’n Bloemfonteinse leerder is een van drie Suid-Afrikaners wat na Türkiye sal reis vir die Internasionale Wiskunde-, Wetenskap- en Ingenieurswese-beurs.
BloemNuusExpress berig Rorisang Mohlobuli, ’n Graad 9-leerder aan die Hoërskool Bloemfontein, sal die projek “Quantifying Goldbach: An Analysis of Prime Pairs” uitstal. Die navorsing het ’n basislynskatter ontwikkel deur gebruik te maak van logaritmiese funksies afgelei van die Priemgetalstelling, en die model verder verfyn deur die toevoeging van ’n korreksiefaktor om voorspellingsakkuraatheid te verbeter. Die projek het gewys hoe wiskundige verfyning en analitiese modellering kan bydra tot breër ondersoeke in analitiese getalteorie.
Sy projek is gekies vir die innoverende wiskundige modellering en verfynde benadering tot die ondersoek van patrone wat verband hou met Goldbach se Vermoede.
Rorisang en die twee ander leerders sal Suid-Afrika van 1 tot 6 Junie verteenwoordig.








Comments