‘n Bfn verkeersbeampte is tydens ‘n kontant-in-transito-rooftog gewond
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 4
- 1 min read
’n Verkeersbeampte is gewond tydens ’n kontant-in-transito-rooftog naby Hillside View in Bloemfontein.
Volgens SABC News is die geldwa op OR Tambostraat geteiken toe ’n voertuig daarin vasgery het.
Die voertuig het van die pad af gerol, waarna meer as tien gewapende mans, geklee in blou oorpakke en balaklawas, die toneel bestorm het.
Twee personeellede is uit die voertuig gedwing voordat skote losgebrand het.
Owerhede sê ’n verkeersvoertuig het omgedraai om te reageer toe die verdagtes begin skiet het.
Die beampte is in die been gewond en is tans in ’n stabiele toestand in die hospitaal.
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jabu Mbalula, sê dit is kommerwekkend dat misdadigers moontlik die Paasnaweek benut het toe paaie stiller is.








Comments