‘n BFN-verpleegster word ‘n jaar se salaris toegeken
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 5, 2025
- 1 min read
'n Verpleegster is 'n jaar se salaris toegeken nadat sy onregverdig uit haar pos by die MUCPP Gemeenskapsgesondheidsentrum in Bloemfontein afgedank is.
Daar is beweer dat sy glo MIV-medikasie gesteel het.
Volgens Insider Chronicle was daar ook beweer dat die vermeende diefstal die doeltreffendheid en adminsitrasie in die gedrang gebring het, wat moontlik medikasie van pasiënte wat daarop geregtig is, ontneem het.
Die saak is in die Arbeidshof in Kaapstad hersien, en dit het egter duidelik geword dat daar 'n gebrek aan direkte bewyse was wat die bewerings ondersteun.
Geen voorraadlyste is aangebied nie, geen verslae van medikasietekorte is ingedien nie, en ook het geen apteekbestuurder getuig dat enige medisyne vermis word nie.
Ten spyte hiervan het 'n dissiplinêre ondersoek die verpleegster voorheen skuldig bevind en haar afgedank.







Comments