‘n Bfn vrou is binne sekondes van haar bankkaart beroof
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 6
- 1 min read
’n Vrou is glo binne sekondes by 'n winkelsentrum in Langenhovenpark in Bloemfontein van ’n bankkaart beroof toe sy by ’n kitsbank wou geld trek.
Netwerk24 berig Tokkie du Preez vertel sy kon nie die kaart in die masjien kry nie, toe iemand skielik oor haar skouer sê sy moet die kanselleer-knoppie druk. Toe sy omkyk, was die persoon weg.
Geld is kort daarna by die Bloemgate-sentrum onttrek, maar ’n drankwinkel-aankoop het misluk. 'n Vrou het toe aan haar vertel sy het gevra dat veiligheidswagte die masjien dophou, aangesien dieselfde persoon dit al voorheen ook gedoen het.
Die polisie het aan Netwerk24 gesê geen so 'n voorval is by hulle aangemeld nie.







Comments