'n Bfn Vrou kom na vore nadat 'n video oor beweerde aanranding versprei is

Jun 11
1 min read
Die slagoffer van 'n beweerde aanranding het na vore gekom nadat 'n video op verskeie sosialemediaplatforms versprei is waarin ’n gesien kan word hoe 'n man ’n vrou aanrand.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, bevestig in 'n verklaring die slagoffer het ’n saak van aanranding by die Kagisanong-polisiestasie in Bloemfontein geopen.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie, en die polisie ondersoek die saak. Dit sal binnekort aan die hof voorgelê word vir ’n formele besluit rakende vervolging.









Comments