top of page

'n Blinde Bloemfonteiner is oral in die landdroshof te sien

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 9
  • 1 min read

'n Blinde staatsaanklaer by die Nasionale Vervolgingsgesag, Danie Breitenbach, en sy gidshond, Jenny, is ’n bekende span in die gange van die landdroshof in Bloemfontein.


Netwerk24 berig Breitenbach is met swak sig gebore en het op 10-jarige ouderdom sy sig heeltemal verloor ná ’n retinale loslating.


Benewens die feit dat hy regte aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer het, het hy ook op die atletiekbaan uitgeblink as T11-atleet vir blinde hardlopers aan die 800m- en 1500m-items.


In 2019 is hy deur die Vrystaatse Sportraad genomineer as gestremde sportman van die jaar.


Breitenbach sê veral in die Vrystaat is sy werk nog uitdagend, aangesien baie hofstukke steeds harde kopieë of met die hand geskryf is. Hy ontvang egter onskatbare hulp van sy assistent, Nomsa Sobhuza.


Hy en sy gidshond, Jenny, is 'n span – sy is Breitenbach se oë en veiligheid.


Danie Breitenbach en sy gidshond, Jenny. FOTO: Netwerk24
Danie Breitenbach en sy gidshond, Jenny. FOTO: Netwerk24

Comments

Couldn’t Load Comments
It looks like there was a technical problem. Try reconnecting or refreshing the page.
bottom of page