‘n Bloem-bejaarde wil nie ‘n saak teen sy aanvallers maak nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 16
- 1 min read
Die bejaarde man wat in ‘n video gesien kan word waar hy in Bloemfontein aangeval en van sy selfoon en geld beroof is, wil nie saak teen sy aanvallers maak nie.
‘n Aktivis teen plaasmoorde, Petrus Sitho, het die bejaarde besoek en sê aan Netwerk24 die man sien nie kans vir ‘n uitgerekte regsproses nie.
Die 80-jarige man vrees glo ook om sy lewe.
Vrystaatse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê aan Rosestad-nuus die polisie is tans besig met ‘n ondersoek na die verdagtes, en dat hulle namens die bejaarde man ‘n dossier sal oopmaak waneer die drie opgespoor is.







Comments