‘n Bloem-duif is dalk die duurste Vrystaatse duif nog
- Nadia Pieters
- 4 days ago
- 1 min read
Wedvlugduif, Salvo Rose, van Bloemfontein wat R550 000 op ‘n veiling behaal het, word as die duurste duif nog beskou wat in die Vrystaat geteel is.
Netwerk24 berig die duif is die naweek deur ‘n Nederlandse wedvlugduif-teler gekoop.
Altesaam het die 14 duiwe op die veiling meer as R2 miljoen behaal.
Die veiling volg op die jaarlikse Afrikapro-wedvlug waarin Salvo Rose puik presteer het.
President Cyril Ramaphosa se eendaghokke op sy plaas Phala Phala is vir die wedvlug gebruik, en hy het ook die telers en wedvlugduif-liefhebbers van oor die werêld die naweek toegespreek.

Comments