'n Bloem-gastehuiseienaar is op borgtog vrygelaat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 2
- 1 min read
'n Gastehuiseienaar wat daarvan aangekla word dat hy ongedokumenteerde buitelanders in Bloemfontein gehuisves het, is op R10 000 borgtog vrygelaat.
Volgens 'n Vrystaatse polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het Lyndon Odili in die Bloemfontein-landdroshof verskyn, en is sy saak is tot 31 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.
Odili, wat met die Mangaung-metro se adjunk uitvoerende burgemeester, Lulama Titi Odili, getroud is, staan tereg op 18 aanklagte ingevolge die Immigrasiewet nadat 18 ongedokumenteerde buitelanders by sy gastehuis in Raymond Mhlaba-straat aangetref is.
Afsonderlike sake is ook teen die 18 persone geopen vir hul beweerde onwettige verblyf in Suid-Afrika.
Die Vrystaatse polisie waarsku dat sake-eienaars wat doelbewus immigrasiewette oortree, streng teen die wet vervolg sal word.








Comments