‘n Bloem-kinderhuis smul aan Naln se soet lemoene
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die 138 kinders van Ons Kinderhuis en Jeugsorgsentrum in Bloemfontein het gesmul aan lemoene van bome met 'n besondere geskiedenis.
Volgens Nova News is die ses lemoenbome by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum afstammelinge van bome wat meer as 'n eeu gelede geplant is nadat lemoene per ongeluk op die Vrystaatse wapen verskyn het.
Die fout het ontstaan toe 'n Londense drukkery die naam Oranje-Vrystaat verkeerd vertolk en besluit het om lemoene by die vryheidsboom op die wapen te voeg.
Die oorspronklike bome het uiteindelik gevrek, maar nuwe boompies is uit hul genetiese materiaal gekweek.
Die museum skenk die oes nou jaarliks aan 'n liefdadigheidsorganisasie.








Comments