top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Bloem-leerder se 'Liplekker tuisgebak' wen ‘n Tinteltong-toekenning

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 2
  • 1 min read

'n Graad 9-leerder van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein is aangewys as een van die wenners van AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong-toekennings.


Nova News berig die 14-jarige Leatitia de Smidt het die toekenning vir die kreatiefste Afrikaanse slagspreuk gewen met ‘Tisha’s Liplekker tuisgebak’.


Die Tinteltong-toekennings vereer ondernemings wat kreatiewe Afrikaanse name en slagspreuke gebruik of Afrikaans in hul ondernemings bevorder.


Tisha bak naweke beskuit en koekies en het haar onderneming in 2024 begin.


Benewens haar onderneming is sy ook 'n toegewyde gimnas wat daarvan droom om eendag Suid-Afrika by die Olimpiese Spele te verteenwoordig.


Leatitia de Smidt. FOTO: Nova News
Leatitia de Smidt. FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page