top of page

‘n Bloem-ouma punt weer tone

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Dec 4, 2025
  • 1 min read

Na sy laas as ‘n jong meisie ballet gedoen het, het ‘n ouma van Bloemfontein weer haar tone op die verhoog gepunt.


Bloemnuus berig die 66-jarige Lizzie Castelyn sê sy het na Covid erg depressief geraak.


‘n Familielid het toe voorgestel dat sy iets doen wat haar vreugde verskaf, en dit is toe dat sy aan haar jonger dae as ballerina gedink het.


Sy het vroeër vanjaar ingeskryf vir volwasse dansklasse en sê dit was vasbyt en lang ure.


Die afgelope naweek was vir Castelyn ‘n hoogtepunt van die jaar se hardewerk toe sy saam met die Dream-dansproduksie in die Wynand Mouton-teater opgetree het.


Volgens dié ouma het die vertoning en span haar gemotiveer om weer volgende jaar in te val en haar ballet-vernuf verder op te skerp.


Lizzie Castelyn. FOTO: Bloemnuus
Lizzie Castelyn. FOTO: Bloemnuus


Comments


bottom of page