‘n Bloem-paramedikus is ná komplikasies oorlede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 31
- 1 min read
’n Bekende nooddienste-werker van Bloemfontein is oorlede ná ’n moeilike stryd in die hospitaal.
Volgens Netwerk24 is André Louw aanvanklik met ’n maagseer in die Emoyamed-hospitaal opgeneem, maar komplikasies het daarna ingetree.
Louw het as paramedikus vir Priority Care-ambulansdienste gewerk en was ook voorheen verbonde aan ER24 in die stad.
Kollegas en geliefdes beskryf hom as ’n stil, saggeaarde mens wat veral vir sy kinders geleef het.
’n Datum vir ’n gedenkdiens is nog nie bevestig nie.








Comments