‘n Bloem-sakeman verloor sy been in ‘n motorfietsongeluk
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 3
- 1 min read
‘n Bloemfonteinse sakeman se linkerbeen is na ‘n motorfietsongeluk onder die knie geamputeer.
Netwerk24 berig die 55-jarige Gert Castleman sterk in ‘n hospitaal in Kimberley aan en sê dit is die pynlikste ervaring wat hy nog ervaar het.
Castleman en sy vrou, Esmé, was die naweek op pad terug van ‘n motorfietssaamtrek toe die ongeluk gebeur het.
Esmé het wonderbaarlik net ‘n paar skrapies en kneusplekke opgedoen, maar deel van Castleman se been is tydens die ongeluk afgeruk.
Volgens Castleman is hy geweldig dankbaar dat hy nog leef asook vir die mediese personeel wat sy lewe kon red.






Comments