top of page

‘n Bloem-sekuriteitsmaatskappy spoor ‘n gesteelde motorfiets binne minute op

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 26
  • 1 min read

Bloemsec se Rapid Response Unit het vroegoggend ‘n steelde motorfiets opgespoor.


Luidens ‘n plasing op hul sosiale media blad is die motorfiets as gesteel in Malanstraat, Wilgehof, aangemeld.


Binne minute het hulle met behulp van Cartrack die motorfiets langs die N1 naby die Makro-brug gevind.


Die Bloemfontein blitspatrolie is in kennisgestel en ‘n saak is by die Parkweg-polisie geopen.


Ondersoeke is tans aan die gang om verdagtes met die diefstal te verbind.

 

Intussen het Bloemsec ook vroeër die week vermeende diewe vasgetrek.


Hul reaksiebeamptes het tydens ‘n roetine misdaadvoorkomingpatrollie twee verdagte individue opgemerk.


Vermoedelik gesteelde goedere is tydens ‘n deursoek in hul besit gevind.


Die items is glo van 18 Brandwag Cresent gesteel.


Beide verdagtes is in hegtenis geneem en ‘n saak van besit en diefstal is ook by die Parkweg-polisie aanhangig gemaak.


FOTO: Bloemsec / Facebook
FOTO: Bloemsec / Facebook

Comments


bottom of page